AfriForum vat Zululand-munisipaliteit oor lekkende trokke aan


AfriForum het die Zululand Distriksmunisipaliteit (ZDM) gemaan om teen ’n kontrakteur op te tree wat water met lekkende trokke na inwoners van ’n landelike gebied in Paulpietersburg vervoer.

“Die trokke se watertenks is vol gate en mors water sover soos hulle ry. Die kontrakteur word egter steeds deur die munisipaliteit vergoed, ten spyte daarvan dat die ooreengekome hoeveelheid water nooit die landelike gebied haal nie. Belastinggeld word só vermors en inwoners sit met die gebakte pere,” sê Eugene van Aswegen, AfriForum se provinsiale koördineerder in KwaZulu-Natal.

Van Aswegen sê voorts dat dit onaanvaarbaar is om water só te vermors gegewe die waterskaarste in die land en die droë tydperk wat Paulpietersburg die afgelope twee jaar beleef het.
Indien die munisipaliteit nie teen die betrokke kontrakteur optree nie, sal AfriForum verdere stappe neem.

Soortgelyke plasings