AfriForum-veiligheidstrukture in KwaZulu-Natal neem aan nasionale massapatrollie deel


AfriForum se veiligheidstrukture in Hluhluwe, Paulpietersburg en Vryheid het op 20 Julie 2018 saam met gemeenskapsveiligheidstrukture in Ladysmith, Melmoth, Howick, Newcastle en Glencoe aan ’n nasionale massapatrollie deelgeneem.
Meer as 1 350 km is tydens dié patrollie afgelê. Twee voorvalle is suksesvol in samewerking met die SAPD hanteer. Tydens een van dié voorvalle in Hluhluwe is onwettige sigarette met ’n straatwaarde van R250 000 gekonfiskeer.

“AfriForum loods hierdie nasionale patrollies om sigbaarheid en samewerking te verbeter, asook om die veiligheid van ons gemeenskappe te verseker,” sê David Olivier, AfriForum se veiligheidskoördineerder vir die sentraalstreek.
“AfriForum doen ’n beroep op gemeenskappe om betrokke te raak en self hul veiligheid te begin prioritiseer. Ons kan nie op die staat alleenlik vertrou om na ons veiligheid om te sien nie. Raak by enige veiligheidsinstelling in jou omgewing betrokke en word deel van die oplossing,” sê Eugene van Aswegen, AfriForum se provinsiale koördineerder vir KwaZulu-Natal.

Sluit vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak of -buurtwag aan: SMS “Buurtwag” na 45353 (R1).

Soortgelyke plasings