|

AfriForum-veldtog moedig skoliere aan om hoog te mik

Hoërskoolleerlinge in Pretoria het die nuwe skooljaar op ’n soet noot begin.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vroeg vanoggend lekkergoed aan leerlinge en ouers van die Afrikaanse Hoër Seunskool Pretoria (AHS), Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria (AHMP) en die Hoërskool Menlopark uitgedeel met die boodskap #MikHoog.

“Die lekkergoed is presies wat ek vanoggend nodig het,” het ’n tranerige ma geterg wie se dogter vandag haar hoërskoolloopbaan by AHMP begin het.

AfriForum wens alle skoliere voorspoed toe met die uitdagings wat die nuwe skooljaar mag bring en wil deur dié inisiatief hulle herinner om hoog te mik, groot te droom en hard te werk.

Meer as ’n miljoen gr.1-leerlinge begin vandag hul skoolloopbaan. Die onderwysdepartement is ook onder groot druk met derduisende leerlinge wat nog nie in Gauteng, Limpopo en die Wes-Kaap geplaas is nie.

Soortgelyke plasings