AfriForum verf Witbank se strate


Die AfriForum-tak in Witbank het ’n plaaslike kontrakteur aangestel wat die afgelope twee weke verskeie spoedhobbels in die dorp geverf het nadat die Emalahleni Plaaslike Munisipaliteit versuim het om die nodige instandhouding te doen.
Volgens Alf Friess, AfriForum se Witbank-takvoorsitter, is agt spoedhobbels naby Laerskool Panorama, Laerskool Klipfontein, St Thomas Aquinas School, Laerskool Kragbron en in Amaryllisstraat geverf.

“Die tak wil help om te verseker dat elke padgebruiker veilig is, daarom het hulle besluit om die spoedhobbels te verf en sigbaarheid op dié wyse te verbeter,” voeg Friess by.
“AfriForum se Witbank-tak beplan om verskeie soortgelyke selfdoenaksies in die dorp te loods en maak op die gemeenskap staat om hulle hierin by te staan. Die getal AfriForum-lede bepaal die suksesse wat ons in Witbank kan behaal,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Wes

Raak vandag nog betrokke by die AfriForum-tak in Witbank deur “Verf” na 45350 te SMS (R1).

Soortgelyke plasings