AfriForum verhoog sigbaarheid in Bronkhorstspruit


AfriForum se Bronkhorstspruit- en Meyerspark-buurtwag het op Saterdag 29 Junie 2019 ’n hoësigbaarheidpatrollie in Bronkhorstspruit gehou om sigbaarheid in die gebied te verbeter en misdadigers af te skrik. Kommunikasie en ander belangrike vaardighede word ook tydens hierdie patrollies opgeskerp.

“Tydens die patrollie het die verskeie buurtwagte die Bronkhorstspruit-area gepatrolleer. Geen voorvalle is tydens die patrollie aangemeld nie. Die patrollie het wel geknipte drade in seker areas opgemerk, maar dit word deur die plaaslike buurtwag gemoniteer.
“Gemeenskappe moet verantwoordelikheid vir hul eie veiligheid neem en betrokke raak  by instansies wat gemeenskappe se weerbaarheid bevorder en binne die raamwerk van die wet beveilig,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se veiligheidshoof vir die noordstreek.
“AfriForum se Bronkhorstspruit-tak bedank graag alle deelnemende lede, asook AfriForum se Meyerspark-buurtwaglede, vir hul tyd en moeite om sigbaarheid in die gebied te verbeter. Ons doen ’n beroep op die gemeenskap om betrokke te raak en te verseker dat ons die gemeenskap weerbaarder kan maak,” sê Willem Pelser, veiligheidsvoorsitter van AfriForum se Bronkhorstspruit-tak.

Soortgelyke plasings