AfriForum verkies nuwe takbestuur in Ermelo


Die burgerregte-organisasie AfriForum het op 31 Oktober 2018 ’n nuwe bestuur vir die Ermelo-tak verkies.

Die nuwe takbestuur bestaan uit Renier van Heerden (voorsitter), Frikkie du Plessis (ondervoorsitter), Mandy Kleynhans (sekretaris), Stiaan Prinsloo (tesourier), Louis Geldenhuys (veiligheidsvoorsitter), Francois Pienaar (veiligheidskomitee) en Heinrich Janse van Rensburg (veiligheidskomitee).
Die bestuur is baie trots om deel van AfriForum te wees en is gereed om hul take aan te pak.

Van Heerden sê dat hy en die nuwe bestuur daarna uitsien om ’n verskil in Ermelo se gemeenskap te maak. “Die Ermelo-tak sal in die toekoms spesifiek op veiligheidskwessies en gemeenskapsgedrewe projekte fokus.”

AfriForum doen ’n beroep op die gemeenskap van Ermelo om by dié tak aan te sluit.

Soortgelyke plasings