AfriForum verkla Andile Mngxitama by die gelykheidshof

Die burgerregte-organisasie AfriForum het sy regspan opdrag gegee om hofstukke op te stel ten einde Andile Mngxitama, leier van Black First Land First (BLF), by die gelykheidshof van haatspraak aan te kla.

Dít volg nadat Mngxitama op 8 Desember tydens ’n toespraak in Potchefstroom die moord op wit mense aangehits het.

“We’ll kill their children. We’ll kill their women. We’ll kill anything that we find on our way… We’ll kill their dogs. We’ll kill their cats. We’ll kill anything that comes before us,” het Mngxitama onder meer gesê. Hy het aangevoer dat sy organisasie vyf wit mense sal vermoor elke keer wanneer ’n swart persoon in Suid-Afrika vermoor word. Mngxitama het verder aangevoer dat sy organisasie besig is om 50 000 soldate vir hierdie doel te mobiliseer.

Hierdie is blatante haatspraak en aanhitsing van geweld.

In die hofstukke versoek AfriForum voorts dat Mngxitama beveel word:

  1.  Om R500 000 aan ’n organisasie te betaal wat hom daarvoor beywer om haatspraak te beveg
  2.  ’n Bevinding deur die hof dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) ondersoek moet instel om Mngxitama strafregtelik te vervolg.

Steun AfriForum se saak deur jou naam hier by te voeg:

Soortgelyke plasings