AfriForum verkla Andile Mngxitama by die gelykheidshof


Die burgerregte-organisasie AfriForum het sy regspan opdrag gegee om hofstukke op te stel ten einde Andile Mngxitama, leier van Black First Land First (BLF), by die gelykheidshof van haatspraak aan te kla. In die bedes versoek AfriForum ook ’n bevinding deur die hof dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) ondersoek moet instel om Mngxitama strafregtelik te vervolg.
Dít volg nadat Mngxitama op 8 Desember tydens ’n toespraak in Potchefstroom die moord op wit mense aangehits het.

“We’ll kill their children. We’ll kill their women. We’ll kill anything that we find on our way… We’ll kill their dogs. We’ll kill their cats. We’ll kill anything that comes before us,” het Mngxitama onder meer gesê. Hy het aangevoer dat sy organisasie vyf wit mense sal vermoor elke keer wanneer ’n swart persoon in Suid-Afrika vermoor word. Mngxitama het verder aangevoer dat sy organisasie besig is om 50 000 soldate vir hierdie doel te mobiliseer.

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, sê dat hierdie blatante haatspraak en aanhitsing van geweld is, en dat die organisasie dit met die nodige erns sal beveg.
In die hofstukke versoek AfriForum voorts dat Mngxitama beveel word om R500 000 aan ’n organisasie te betaal wat hom daarvoor beywer om haatspraak te beveg.
AfriForum se hofstukke behoort teen môre by die gelykheidshof geliasseer te word.
Steun AfriForum se saak deur jou naam hier by te voeg:

Soortgelyke plasings