AfriForum veroordeel Nicholas Ninow se beweerde verkragting van ’n minderjarige dogtertjie by Dros-restaurant


AfriForum spreek sy absolute afsku uit oor Nicholas Ninow se beweerde verkragting van ’n sewejarige dogtertjie tydens ’n insident wat glo sowat ’n week gelede by ’n Dros-restaurant in Silverton plaasgevind het.

“Hierdie beweerde optrede van Ninow is in skrille kontras met die soeke na geregtigheid in ’n land wat deur geweldsmisdaad en afgryslike seksuele misdade teen vroue en kinders geteister word,” sê Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid.

Cameron voeg by dat AfriForum se harte uitgaan na die jong slagoffer en dat sy geregtigheid verdien deurdat die oortreder die swaarste moontlike straf opgelê moet word.
AfriForum se privaatvervolgingseenheid is reeds betrokke by ondersoeke in twee ander sake waar seksuele misdrywe teen minderjariges gepleeg is.

Soortgelyke plasings