AfriForum veroordeel rassistiese plasings ná storms, vuur


Die burgerregte-organisasie AfriForum veroordeel verskeie rassistiese plasings ná die natuurrampe in die Wes-Kaap, spesifiek Knysna.

“Die sentimente wat so openlik in dié sosialemediaplasings uitgespreek word, is uiters kommerwekkend en ons sal die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) versoek om ’n onmiddellike ondersoek daarna te loods. Daarbenewens sal ons ook dié plasings in die massa- haatspraakklag insluit wat AfriForum binnekort by die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) gaan lê,” sê Guido Urlings, veldtogbeampte by AfriForum.

Sou die SAPD- en SAMRK-klagtes geen resultate oplewer nie, sal AfriForum ook die moontlikheid oorweeg om siviele litigasie in te stel teen die persone wat vir dié gevoellose plasings verantwoordelik is.
AfriForum het skermskote die volgende stellings op sosiale media ontvang:
Mathandazo Wabo Lova (@JabulaniKhesa)
Dear White People
What’s happening with #KnysnaFire is called #Vutha and only black people can save you from it, just bring the land back.
 
Savagéé (@KeNegroAkere)
I actually smiled when I saw that Knysna is going thru it all, ‘cause we all know what the majority of the population is there [emoji]
 
Mlunguza Mthembu Luxolo
Pray this great #capestorm is here to take white people away to Europe. #WantOurLand
 
Black_X (@XMhehlomakulu)
Dear Jesus please let the storm take a few white people , I’m kidding [emoji] not a few [emojis] #capestorm
 
You (@IsaacKgafela)
Europeans are finally evacuating izwe lethu? #KnysnaFire
 
Busisiwe Seabe (@Ms_BSeabe)
If only the #KnysnaFire targeted specific people only…we can only dream right!

“Ons wil dié persone en gemeenskappe aanmoedig om bymekaar te kom en die nodige hulp aan almal te voorsien wat deur dié rampe geraak word, eerder as om rassistiese kommentaar te lewer,” sê Urlings.

AfriForum moedig lede van die publiek aan wat soortgelyke plasings van rassisme of haatspraak op sosiale media teëkom om skermgrepe daarvan aan rasklag@afriforum.co.za te stuur.
Indien jy die rampslagoffers deur middel van donasies wil help, hou asseblief ons sosialemediaplatforms vir verdere inligting dop, asook dié van ons susterorganisasie Solidariteit Helpende Hand.

Soortgelyke plasings