| |

AfriForum verskaf handreiniger, gesigmaskers en handskoene aan Oos-Randse kliniek

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 13 Mei 2020 persoonlike beskermingstoerusting en handreiniger aan die Elim-rehabilitasiesentrum in Kempton Park aan die Oos-Rand geskenk. Die Elim-sentrum behandel persone met verslawings. Die Kempton Park-tak het 25 liter handreiniger, 500 pare handskoene en 500 gesigmaskers aan die sentrum geskenk.

Jan Vermaak, voorsitter van AfriForum se Kempton Park-tak, sê dit is ’n voorreg om hierdie skenking aan die Elim-sentrum te maak. “Dit is die begin van ’n vennootskap wat langdurig gaan wees.”

Dr. Eugene Brink, bestuurder van gesondheid by AfriForum, sê daar is steeds ’n groot nood wat ontsmettingsmiddels en beskermingstoerusting betref.

“Instellings het in menigte gevalle nie hiervoor begroot nie of kan dit bloot nie bekostig nie en beleef nou ’n groot nood in die COVID-19-tydperk. Hulle sien om na weerlose en afhanklike mense en kan nie veilig werk indien hulle nie oor sulke toerusting beskik nie.”

Volgens Brink is daar talle instellings wat nou by AfriForum aanklop vir hulp ten opsigte van mediese produkte wat met die bekamping van COVID-19 verband hou.

“Baie keer gaan ’n bietjie hulp ver en ons moedig die publiek aan om tot ons taknoodfonds by te dra sodat ons dit ten bate van ons gemeenskap kan aanwend.”

Die taknoodfonds se bankbesonderhede:

Rekeningnaam: AfriForum NPC
Bank: ABSA
Rekeningnommer: 406 681 9334
Takkode: 632 005
Verwysing: Jou dorp se naam (bv.: Bellville)

Soortgelyke plasings