|

AfriForum verskaf opleiding aan SAUAC in Soweto

AfriForum het op 15 Oktober 2019 regsopleiding aan South Africa United Against Crime (SAUAC) in Soweto verskaf om te verseker dat lede van dié niewinsgewende organisasie (NWO) hul gemeenskappe binne die raamwerk van die wet kan bystaan en ondersteun.

SAUAC is ’n NWO wat daarop fokus om gemeenskapsbetrokkenheid te bevorder en die gemeenskap van Soweto te help om hul veiligheid te verbeter.

“Ons moet ons ervaring en kennis met mekaar deel sodat alle gemeenskappe daarby kan baat en ’n veiliger plek vir al ons mense en ons kinders kan word,” sê Siphiwe Kunene, ondervoorsitter en president van SAUAC.

 

“Samewerking is die sleutel tot sukses – verskillende organisasies kan uit unieke situasies by mekaar leer en mekaar ondersteun. Inderwaarheid het almal van ons ’n wedersydse doel: ’n veiliger gemeenskap en land,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se veiligheidshoof vir die noordstreek.

Raak vandag nog by AfriForum betrokke: SMS jou naam na 45353 (R1).

Soortgelyke plasings