AfriForum versoek lasbrief vir Grace Mugabe se inhegtenisneming


Die burgerregte-organisasie AfriForum het ’n beroep op die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) gedoen om ‘n lasbrief vir die inhegtenisneming van die Zimbabwiese presidentsvrou, Grace Mugabe, uit te reik. Dit volg nadat polisiewoordvoerder Vishnu Naidoo luidens mediaberigte aangedui het dat die SAPD nie weet waar Mugabe haarself bevind nie.
Fikile Mbalula, polisieminister, het vroeër vandag in die media gesê dat Mugabe haarself aan die polisie oorgegee het en volgens verdere beriggewing sou sy vanmiddag in die hof verskyn het. Dit het egter nie gebeur nie.
Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, moet Mugabe nie toegelaat word om die Suid-Afrikaanse regstelsel op dieselfde wyse te ondermyn as wat sy en haar man, Robert Mugabe, met die Zimbabwiese regstelsel doen nie.

 “As Mugabe soos ‘n voortvlugtende wil optree, moet sy soos een behandel word deurdat ‘n lasbrief vir haar inhegtenisneming uitgereik word,” sê Kriel.

Soortgelyke plasings