| | |

AfriForum versprei hulppakkette aan skole

AfriForum se Hoogland-takke het op 28 en 29 Mei 2020 skolehulppakkette aan verskeie skole in die streek versprei as deel van die #AfriForumStaanSaam vir skole-projek. Die skolehulppakkette bevat COVID-19-inligtingstukke, patrone vir gesigmaskers, klaskamerplakkate, elektroniese termometers, handreiniger en handreinigerstaanders.

Die pakkette is na die volgende skole versprei: Hoërskool Ficksburg, Harrismith Primêr, Laerskool Truida Kestell (Bethlehem), Jordania Primêre Skool (Bethlehem), Sentrale Volkskool (Kroonstad), Calculus College (Kroonstad), Theunissen Gekombineerde Skool, Kingdom Academy (Welkom), Hoërskool Salomon Senekal (Viljoenskroon) en Hoërskool Hennenman.

“Dit is ’n voorreg om skole in hierdie tyd by te staan en om seker te maak dat hulle voorbereid is om die 2020 akademiese jaar voort te sit. Skole het nie vir hierdie ekstra uitgawes begroot nie en daarom is dit vir AfriForum belangrik om skole by te staan,” sê Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoogland.

“Al die skole is baie dankbaar vir die steun wat hulle ontvang en dit is ’n riem onder die hart om te sien hoe almal saamspan om die beste van die situasie te maak,” sê Nel verder.

AfriForum het reeds meer as 40 000 bottels handreiniger, 8 000 plakkate en 200 termometers aan skole landwyd versprei.

AfriForum nooi die gemeenskap uit om by hierdie takke betrokke te raak. Sluit by AfriForum aan en word deel van die oplossing: SMS jou dorp se naam na 31481 (R1).

Soortgelyke plasings