|

AFRIFORUM VERWELKOM DWS-BESLUIT OM WEER BLOU-EN-GROENDRUPPELVERSLAG TE PUBLISEER

AfriForum verwelkom die Departement van Water en Sanitasie (DWS) se aankondiging tydens ’n webinaar op 29 Junie dat dié departement weer die Blou-en-groendruppelverslag vir munisipaliteite gaan publiseer om die gehalte van water en waterinfrastruktuur te bepaal.

AfriForum publiseer sedert 2013 jaarlikse blou-en-groendruppelverslae omdat die DWS die publikasie van sy eie verslae gestaak het. Die burgerregteorganisasie het die DWS jaar ná jaar versoek om die verslag weer te begin publiseer.

“Die grootste vraag wat nou na vore kom is, is of munisipaliteite wat vir jare lank al die land se waterbronne openlik besoedel enige verantwoordelikheid daarvoor gaan begin neem. Die departement moet nou tande wys en byt waar hulle kan deur munisipaliteite wat besoedel strafregtelik te begin vervolg,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se bestuurder vir Omgewingsake.

AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die stand van dorpe en stede se drink- en rioolwater. Dié projek fokus nie noodwendig op die toestand van rioolaanlegte nie, maar wel op die gehalte van die water wat ná die proses as eindproduk in die vorm van drinkwater (bloudruppel) en behandelde rioolwater (groendruppel) gelewer word.

AfriForum is tans besig met sy jaarlikse blou-en-groendruppeltoetse. Die uitslae daarvan sal binnekort bekendgemaak word.

Soortgelyke plasings