|

AfriForum verwelkom oudminister se arrestasie

AfriForum verwelkom die arrestasie van Bongani Bongo, ANC-parlementslid en oudminister van staatsveiligheid, vir sy beweerde betrokkenheid in ’n korrupsiesaak wat deur die Valke ondersoek word.

“Dié arrestasie is ’n stap in die regte rigting. Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) moet egter verantwoordelik gehou word om te keer dat ANC-kaders in die NVG hul invloed sal uitoefen om korrupte amptenare teen geregtigheid te beskerm,” sê Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid.

“Hoewel Bongo vanoggend reeds op borgtog vrygelaat is en die saak eers in Januarie 2020 aangehoor sal word, hoop ons dat geregtigheid sal geskied en dat die NVG hom sonder vrees, guns en vooroordeel sal vervolg,” sluit Cameron af.

Soortgelyke plasings