AfriForum verwelkom raadsbesluit

 

AfriForum verwelkom die Mosselbaai Munisipale Raad se besluit om Marius Botha, die hoof-finansiële beampte, se dienskontrak te beëindig.
Dié besluit is geneem nadat die Williston-streekshof Botha aan onder meer korrupsie skuldig bevind het en hy tot effektief vyf jaar tronkstraf gevonnis is. Dié misdrywe is gepleeg toe Botha in diens van die Karoo Hoogland Plaaslike Munisipaliteit was.

“Die gemeenskap verwelkom die munisipaliteit se besluit om mnr. Botha se kontrak te beëindig. AfriForum is van mening dat mense wat hulle aan korrupsie skuldig maak aan die pen moet ry,” sê Louis Cook, AfriForum se Mosselbaai-takvoorsitter.
“AfriForum sal die proses om ’n nuwe finansiële hoof aan te stel, moniteer en druk waar nodig toepas om te verseker dat ’n geskikte persoon aangestel word,” sluit Cook af.

Soortgelyke plasings