|

AfriForum verwelkom skuldigbevinding van Liyaqat Mentoor se moordenaar

Onke Mashinini is vandag in die Suid-Gautengse hooggeregshof skuldig bevind vir die moord op Liyaqat (Lee) Mentoor, asook regsverydeling en roof met verswarende omstandighede. AfriForum se privaatvervolgingseenheid het die familie deurgaans tydens die hofproses ondersteun om te verseker dat reg en geregtigheid geskied.

Lee is na bewering die laaste keer op 15 Maart 2018 buite sy ouma se huis in Roodekrans gesien.

Die Mentoor-familie het AfriForum se privaatvervolgingseenheid genader omdat hulle gevoel het dat die polisie se ondersoek rondom die driejarige Lee se verdwyning aanvanklik nie deeglik gedoen is nie.

“AfriForum verwelkom die hof se uitspraak en is tevrede dat ons betrokkenheid daartoe bygedra het dat reg en geregtigheid geskied,” sê Nantes Kelder, ondersoekbeampte by AfriForum se privaatvervolgingseenheid.

Kelder het verder adv. Paul Schutte, die staatsaanklaer, op ’n suksesvolle vervolging gekomplimenteer.

Soortgelyke plasings