AfriForum verwelkom uitspraak in saak oor vlag-twiet

Regter Colin Lamont het die Nelson Mandela-stigting (NMS) se aansoek vandag in die Suid-Gautengse hooggeregshof van die hand gewys dat Ernst Roets, AfriForum se hoof van beleid en aksie, minagting van die hof gepleeg het.

Die klagte is deur die NMS gebring nadat Roets ’n afbeelding van die ou Suid-Afrikaanse vlag getwiet en gevra het: “Did I just commit hate speech?” Die klagte het betrekking op ’n onlangse beslissing deur adjunk-regter-president Phineas Mojapelo dat die ongemotiveerde openbare of private tentoonstelling van die ou Suid-Afrikaanse vlag op haatspraak neerkom.

Volgens regter Lamont was regter Mojapelo se uitspraak ’n verklarende bevel en daarom kom Roets se handeling nie op haatspraak neer nie.

“Ons is verheug oor die uitspraak, al was ons dit te wagte. Dit bevestig wat AfriForum van die begin af gesê het: Dat hierdie ’n heksejag deur die NMS is teen diegene wat hulle uitdruk op ’n wyse wat nie belyn is met die idees van die regerende elite nie,” sê Roets.

Soortgelyke plasings