AfriForum verwelkom uitspraak oor ongrondwetlikheid van Abrahams se aanstelling


Die burgerregte-organisasie AfriForum verwelkom die Konstitusionele Hof se uitspraak vandag dat die aanstelling van Shaun Abrahams as hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) ongrondwetlik was.

“Suid-Afrika verdien ’n nasionale direkteur van openbare vervolging wat sonder vrees, voordeel of vooroordeel sal vervolg. Ek was daar toe die NVG gestig is en sien daarom daarna uit dat die NVG weer tot ’n instelling van aanklaers herstel word wat in belang van die gemeenskap aankla,” sê adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid.

Volgens Nel verstaan hy dat dít nie ’n vinnige proses gaan wees nie. “Dit is egter baie belangrik dat die NVG die gemeenskap se vertroue terugwin en dat gelykheid voor die reg seëvier,” sluit Nel af.

Soortgelyke plasings