| |

AfriForum verwelkom uitspraak wat staat van inperking ongrondwetlik verklaar

AfriForum verwelkom die uitspraak van die Noord-Gautengse Hooggeregshof dat die regulasies van vlak 4 en vlak 3 van die staat van inperking ongrondwetlik en ongeldig is. Die regulasies vir vlak 3 is egter nog geldig aangesien die hof sy verklaring vir geldigheid vir 14 dae opgeskort het.

Volgens Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum, is die regulasies ’n onregverdigbare skending van mense se basiese vryhede en die organisasie is gereed om voort te gaan met sy regsaksies om die tabak-, skoonheids- en restaurantbedryf by te staan.

Soortgelyke plasings