AfriForum verwelkom Zuma bedanking; sal toesien dat hy vervolg word

Jacob Zuma

AfriForum verwelkom president Jacob Zuma se aankondiging dat hy as staatspresident gaan bedank. Volgens AfriForum beteken Zuma se bedanking geensins dat hy vervolging moet kan ontduik nie en daarom gaan die burgerregte-organisasie sy pogings verskerp om toe te sien dat Zuma vervolg word. ʼn Veldtog sal eersdaags in dié verband van stapel gestuur word.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, sê dat dié organisasie alle redelike stappe sal neem om toe te sien dat Zuma deur die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) vervolg word. “Indien die NVG versuim om Zuma te vervolg, sal AfriForum se privaat vervolgingseenheid onder leiding van adv. Gerrie Nel die proses vir privaat vervolging in werking stel.”

Soortgelyke plasings