|

AfriForum verwyder vullis ná munisipaliteit staak

Die AfriForum-tak in Bethal het dié dorp se sentrale sakekern op 30 Junie 2020 skoongemaak en vullis verwyder nadat werknemers van die Govan Mbeki Plaaslike Munisipaliteit gestaak het omdat hulle nie oor die nodige beskermende drag beskik nie.

Die tak het in samewerking met NJP Transport en Ka-Ka Lai, ’n plaaslike vullisverwyderingsonderneming, besluit om in te gryp nadat rommel op die sypaadjies begin ophoop het. Die span het sewe trokvragte vullis verwyder.

“Hierdie totale ineenstorting van die munisipaliteit en hul onvermoë om dienste te lewer, is besig om Bethal-inwoners in die steek te laat. Ondernemings ly skade en daar is net geen einde in sig nie. AfriForum sal voortgaan met hierdie projekte om die beeld van die dorp te verbeter,” sê Ingrid Human, voorsitter van AfriForum se Bethal-tak.

Ondersteun AfriForum se Bethal-tak en raak vandag nog betrokke: SMS “Bethal” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings