|

AFRIFORUM VRA DAT KWAZULU-NATAL TOT RAMPGEBIED VERKLAAR WORD

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag ’n skrywe aan die KwaZulu-Natalse premier gerig rakende die situasie wat tans binne dié provinsie heers en het aangedui dat die huidige toedrag van sake die verklaring van ’n rampgebied en dringende ingryping van die provinsiale regering regverdig.

AfriForum meen dat dit duidelik is dat die onluste, met gepaardgaande geweld en vandalisme, wat reeds oor die afgelope vier dae plaasvind nie onder beheer is nie. Ingevolge artikel 40 van die Wet op Rampbestuur is die premier (voorsitter van die uitvoerende gesag) hoofsaaklik verantwoordelik vir die koördinering en bestuur van provinsiale rampe wat in die provinsie voorkom. Die situasie met betrekking tot die onluste wat tans aan die orde van die dag is, sorteer volgens AfriForum onder die definisie van ’n ramp, soos beskryf in die Wet.

“Met die eerste tekens moes die munisipaliteite hul rampbestuursplanne geaktiveer het. Met die situasie wat geëskaleer het, moes die provinsiale departement meer toegetree het en die situasie verder bestuur het. Die provinsiale rampbestuursplan moet geïmplementeer word aangesien die verkryging van bykomende finansiering van kardinale belang is. Dit sal die vermoë bied om dienste te verkry wat ’n meer voldoende toegeruste werkmag het asook private sekuriteitsmaatskappye om die onluste te onderdruk, eiendomme en die lewensbestaan van die burgers wat met hierdie krisis gekonfronteer is, te beskerm,” sê Morné Mostert, AfriForum se bestuurder vir plaaslikeregeringsake.

“Alhoewel burgers hulself mobiliseer in hierdie tyd om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig weens die staat se onvermoë om dit te doen, verskoon dit nie die staat om hulle pligte te versuim nie. Addisionele ondersteuning en hulpbronne moet beskikbaar gestel word om die chaos die hoof te bied,” sê Marnus Kamfer, AfriForum se regs-en-risikobestuurder vir Gemeenskapsveiligheid.

Soortgelyke plasings