|

AfriForum vra publieke steun teen onteiening sonder vergoeding

Die burgerregteorganisasie AfriForum begin vandag met ’n openbare steunwerwingsveldtog om standpunt teen onteiening sonder vergoeding in te neem. Dít volg nadat die parlementêre ad hoc-komitee wat met die wysiging van die Grondwet gemoeid is, die wetsontwerp gepubliseer het wat ten doel het om die Grondwet in hierdie verband te wysig. Die publiek het tot 31 Januarie 2020 om op die wetsontwerp kommentaar te lewer.

Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum, sê dit is geen toeval dat hierdie wetsontwerp tydens die Desembervakansie gepubliseer is nie. Hy moedig die publiek aan om nie toe te laat dat hierdie wetsontwerp ongesiens deurgestoomroller word nie. AfriForum versoek dus die publiek om aan AfriForum ’n mandaat te gee om die wetsontwerp teen te staan.

“AfriForum het reeds aan sy regspan opdrag gegee om kommentaar op die wetsontwerp voor te berei. Hierdie reaksie sal in Januarie 2020 by die parlement ingedien word. Ons benodig egter soveel as moontlik steun van die publiek om ons stem in hierdie verband te versterk,” sê Roets.

Die publiek kan hul stem by AfriForum se veldtog voeg deur die webblad www.onteiening.co.za te besoek.

Soortgelyke plasings