AfriForum vul slaggate by Hoërskool Waterkloof op


AfriForum het op 5 Julie 2018 ’n selfdoenaksie geloods en slaggate rondom die Hoërskool Waterkloof teen ’n koste van sowat R30 000 opgevul.
Roadchem, ’n plaaslike kontrakteur, is aangestel om met hierdie aksie te help. Altesaam 3 875 m2 se slaggate is opgevul waarvoor 2,5 ton asfalt, 200 liter bindlaag, 400 kg kraakseël en 400 liter seëlaar gebruik is.

“Die gemeenskap nader AfriForum om munisipale diensleweringskwessies behoorlik aan te pak. Die opvul van slaggate is vir ons ’n prioriteit en ons sal dit met die Tshwane-metroraad opneem. Die skool het AfriForum genader om hulle by te staan met die probleem nadat hulle ook die probleem onder die munisipaliteit se aandag gebring het en geen resultate gekry het nie,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se distrikskoördineerder vir Gauteng-Noord.

De Klerk voeg by dat dit die tweede projek van sy soort by die Hoërskool Waterkloof is.
Raak vandag nog by AfriForum betrokke: SMS “Pretoria” na 45341 (R1).

Soortgelyke plasings