|

AfriForum vul slaggate in Zeerust met 125 sakke teer

Die AfriForum-tak in Zeerust het op 7 Mei bymekaargekom om die slaggatprobleem in dié dorp te takel. Dit kom nadat die gemeenskap menigte klagtes by die Ramotshere Moiloa Plaaslike Munisipaliteit ingedien het waarvan min tot geen instandhouding deur hierdie munisipaliteit gehandhaaf word nie. Daar is altesaam 125 sakke teer van 25 kg elk gebruik om die slaggate in Zeerust te vul.

“Die Zeerust-tak het besluit dat hulle die slaggate self te vul omdat die munisipaliteit geen belangstelling wys om die paaie in stand te hou nie. Die gees was Saterdag hoog in Zeerust waar die tak in vyf spanne opgedeel het om die ergste slaggate te vul en die paaie veilig te maak vir motoriste,” sê Armand Viljoen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.

Die tak beoog om hierdie projek ’n volhoubare projek te maak om die dorp stelselmatig een slaggat op ’n slag te verbeter. Dit is tyd dat die gemeenskap vir die Ramotshere Moiloa-munisipaliteit wys dat hulle nie sal terugstaan en kyk hoe hul dorp verval nie.

“Die gemeenskap begin besef dat hulle nie meer kan staatmaak op die plaaslike munisipaliteit nie. Saterdag kon ons sien dat die gemeenskap keelvol is en sake in eie hande neem. Daar was verskeie mense wat AfriForum kom help het met mannekrag en donasies van toerusting,” sluit Viljoen af.

AfriForum sal verder aanhoudende druk plaas op die Ramotshere Moiloa-munisipaliteit om te poog dat hulle die belastingbetalers se geld reg bestee. Die gemeenskap word ook genader om donasies te maak sodat AfriForum kan aanhou om sulke projekte deurlopend te kan dryf.

Inwoners kan gebruik maak van die volgende bankbesonderhede:

AfriForum NPC

Eerste Nasionale Bank (FNB)

Rekeningnommer: 623 498 983 98

Takkode: 261 550

Verwysing: ZEERUST

Word vandag nog deel van AfriForum se Zeerust-Tak: SMS “Zeerust” na 45344 (R1) of skakel vir Pierre van der Walt by 082 569 8564.

Soortgelyke plasings