AfriForum Wêreldwyd bring eg Afrikaanse vermaak na Australië en Nieu-Seeland


AfriForum Wêreldwyd tree vanjaar weer as hoofborg van die Afrikaans is Lekker 2018-konsert op. Hierdie konsert, wat in samewerking met South African Events aangebied word, verskaf eg Afrikaanse vermaak vir Suid-Afrikaners in Nieu-Seeland en Australië.

“Dit is vir ons belangrik dat Suid-Afrikaners in die buiteland informeel byeen kan kom om hul Suid-Afrikanerskap te vier. Hulle is ons familie, vriende en ambassadeurs in die buiteland, en ons wil hulle aanmoedig om steeds hul kultuur te vier,” sê Sue-Ann de Wet, AfriForum Wêreldwyd se projekkoördineerder vir die Suid-Afrikaanse diaspora.

Die optredes vir vanjaar is soos volg:
15 Junie:       Auckland – Theuns Jordaan, Refentse, Nianell, Margit Meyer-Rödenbeck en Jacques du Plessis
16 Junie:       Brisbane – Theuns Jordaan, Refentse, Nianell, Margit Meyer-Rödenbeck en Jacques du Plessis
17 Junie:       Perth – Theuns Jordaan, Refentse, Nianell, Margit Meyer-Rödenbeck en Jacques du Plessis
22 Junie:       Wellington – Snotkop, Refentse en Nianell
23 Junie:       Sydney – Snotkop, Refentse, Nianell en Margit Meyer-Rödenbeck
24 Junie:       Melbourne – Snotkop, Refentse, Nianell en Margit Meyer-Rödenbeck
 
Besoek gerus Wêreldwyd se webtuiste by www.wereldwyd.co.za vir meer inligting of om kaartjies te koop.

Soortgelyke plasings