|

AfriForum werk saam met De Rustica en deel 250 kospakkies uit

AfriForum het in samewerking met De Rustica Olive Estate van Mei tot Augustus vanjaar meer as 250 gesinne in Oudtshoorn en De Rust van kospakkies voorsien nadat dié gesinne onder die ekonomiese nagevolge van die COVID-19-pandemie deurgeloop het.

Volgens David Olivier, AfriForum se provinsiale veiligheidskoördineerder vir die suidstreek, meld al hoe meer mense aan vir voedselhulp. “As dit nie was vir organisasies soos De Rustica Olive Estate wat hul harte vir die gemeenskap oopgemaak het nie, sou baie mense geen hoop gehad het om staande te bly in dié tye nie.”

Arno Greyling, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Suid-Kaap, sê dit was ’n voorreg om AfriForum se logistieke vermoëns te kon gebruik om saam met ’n groot onderneming soos De Rustica Olive Estate te werk. “Ons sê ook aan hulle baie dankie dat ons kon saamwerk en dat ons hiermee ons gemeenskap kon dien.”

“Die behoefte is groter as wat ons besef, ons raak maar aan die punt van ’n ysberg. Ons was voorwaar in ’n bevoorregte posisie gewees om te kon help,” sê Precilla Steenkamp van De Rustica Olive Estate.

“AfriForum moedig gemeenskappe aan om betrokke te raak en ’n selfdoenbenadering tot uitdagings in hierdie moeilike tye te ontwikkel,” sluit Olivier af.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke: SMS “Veiligheid” na 45353 (R1).

Soortgelyke plasings