AfriForum Witbank-tak beveilig verskeie gebiede in die dorp


Die AfriForum-tak in Witbank het in Januarie en Februarie 2019 verskeie spoedhobbels, stopstrate en voetoorgange in dié stad herstel. Sommige van die verkeerstekens was vermis of nie meer sigbaar nie en daarom het die Witbank-tak ingegryp – veral by skole om leerders se veiligheid te prioritiseer.

“Die plaaslike munisipaliteit versuim steeds om die nodige instandhoudingswerk aan Witbank se infrastruktuur te doen en daarom het AfriForum se Witbank-tak besluit om dié projek aan te pak. Die tak het die eerste fase van die projek in Oktober 2018 afgeskop as deel van AfriForum se #OnsDorp-veldtog, en het nou die volgende fase voortgesit om tot ’n beter gemeenskap by te dra,” sê Alfred Friess, voorsitter van die Witbank-tak.

Om by AfriForum se Witbank-tak aan te sluit, kontak vir Bronwen Pretorius by bronwen.pretorius@afriforum.co.za.

Soortgelyke plasings