|

AfriForum woeker op Bethal

Die AfriForum groentetuinprojek in Bethal het uitgebrei en daar is onlangs mielies, murgpampoen en tamaties geplant om die verwagte oes uit te brei. Dié groentetuin het in Oktober meer as 400 kg spinasie opgelewer.

Die spinasie is onder organisasies in die dorp versprei en ook na organisasies in Hendrina en Ermelo gestuur om daar te help met voedselnood. Daar is tans sowat agt verskillende groentesoorte wat in dié groentetuin groei.

Die Bethal-tak het ook ’n donasie van bogrond ontvang wat gebruik gaan word om wortels in die tuin aan te plant.

“Die sukses van hierdie projek is te danke aan die steun wat ons uit die gemeenskap ontvang en ons sien uit na die toekoms,” sê Marilè Nieuwoudt, koördineerder van AfriForum se groentetuinprojek in Bethal.

Die tak het ook op Donderdag 4 November die oop veld oorkant die plaaslike polisiekantoor skoongemaak en die gras gesny. Die oop stuk grond by die Janmari vulstasie is ook skoongemaak.

“Albei hierdie areas is reg langs die N17 hoofweg en is ’n seer oog vir die inwoners van Bethal en daarom is dit ook belangrik om hierdie velde skoon te hou,” sê Ingrid Human, AfriForum se takvoorsitter in Bethal.

Sluit vandag aan by AfriForum, SMS jou naam na 45340 (R1)

Soortgelyke plasings