AfriForum Zeerust-tak se loodskomitee gestig


AfriForum se Zeerust-tak is onlangs gestig en die loodskomiteelede is Des van Loggerenberg (voorsitter), Pierre van der Walt (ondervoorsitter), Madelein van der Walt (sekretaris en tesourier) en Willem Ward (veiligheid).

Van Loggerenberg vertel hoe gretig hy en die bestuur is om by die gemeenskap betrokke te raak. “Die Zeerust-tak beplan om spesifiek op swak munisipale dienslewering te fokus en gemeenskapsprojekte te dryf.” Van der Walt voeg by dat gemeenskapslede se betrokkenheid ’n groot aanwins vir die tak sowel as die dorp sal wees.

Stuur ’n e-pos na madelein1234@gmail.com of SMS “Zeerust” na 45351 (R1) om by dié tak betrokke te raak.

Soortgelyke plasings