| | |

#AfriForumStaanSaam vir Skole: AfriForum se Kaapstad-Noord-tak verskaf skolehulppakkette

AfriForum se Kaapstad-Noord-tak het 12 hulppakkette aan skole in die omgewing versprei as deel van die #AfriForumStaanSaam vir Skole-projek wat in samewerking met AfriForum Jeug van stapel gestuur is. Die skolehulppakkette bevat COVID-19-inligtingstukke, patrone vir gesigmaskers, klaskamerplakkate, elektroniese termometers, handreiniger en handreinigerstaanders.

Die pakkette is aan skole in Bellville, Kraaifontein, Kuilsrivier, Parow en Table View voorsien om skole te help om gereed te wees om te heropen.

“Die Kaapstad-Noord-tak is dankbaar om skole in die gemeenskap te kan bystaan om te verseker dat kinders veilig terugkeer skool toe,” sê Johardt van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

Die tak moedig die gemeenskap aan om by projekte soos dié betrokke te raak en te verseker dat skole op ’n veilige wyse funksioneer. SMS “Kaapstad-Noord” na 45265 (R1) om betrokke te raak.

 

Soortgelyke plasings