| | |

#AfriForumStaanSaam vir Skole: AfriForum se Potchefstroom-tak verskaf hulppakkette aan plaaslike skole

AfriForum se Potchefstroom-tak het hulppakkette aan vyf skole in die dorp uitgedeel as deel van die #AfriForumStaanSaam vir Skole-projek wat in samewerking met AfriForum Jeug van stapel gestuur is. Die skolehulppakkette bevat COVID-19-inligtingstukke, patrone vir gesigmaskers, klaskamerplakkate, elektroniese termometers, handreiniger en handreinigerstaanders. Die waarde van elke pakket beloop R6 500.

Die volgende skole het pakkette ontvang: Hoër Volkskool Potchefstroom, Laerskool Mooirivier, Saints Primary School, Laerskool President Pretorius en die oudste skool in Potchefstroom, Laerskool ML Fick.

“Die Potchefstroom-tak is dankbaar dat hulle hierdie skole namens AfriForum kon bystaan om te verseker dat die leerders veilig kan terugkeer skool toe. Die skole is werklik dankbaar vir hierdie pakkette, want dit maak hul eie las veel ligter,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Die tak moedig die gemeenskap aan om by projekte soos dié betrokke te raak om te verseker dat skole op ’n veilige wyse funksioneer: SMS “Potchefstroom” na 45351 (R1) om betrokke te raak.

Soortgelyke plasings