| | |

#AfriForumStaanSaam vir skole: AfriForum se Springbok-tak skenk skolehulppakkette

AfriForum se Springbok-tak het in die week van 29 Mei 2020 skolehulppakkette aan Springbok Christian Academy en die Primêre Skool Springbok oorhandig om dié skole te help om gereed te wees om te heropen.

AfriForum het sy #AfriForumStaanSaam vir skole-projek begin nadat skole weinig hulp van die regering ontvang het. Die skolehulppakkette bevat weggooibare maskers en patrone vir gesigmaskers, ’n inligtingsgids oor COVID-19, klaskamerplakkate, ’n elektroniese koorsmeter, ’n staander met handreiniger en botteltjies handreiniger.

“Die Springbok-tak wil skole met dié hulppakket help om te verseker dat leerders en personeel veilig kan terugkeer skool toe om die 2020- akademiese jaar te hervat,” sê Werner Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Kalahari.

Die tak moedig die gemeenskap aan om by projekte soos dié betrokke te raak. Dra vandag nog tot dié tak se taknoodfonds by om ’n verskil in jou gemeenskap te maak: SMS “Springbok” na 32532 (R1).

Soortgelyke plasings