| | |

#AfriForumStaanSaam vir Skole: Mpumalanga-skole ontvang COVID-19-hulp

AfriForum se Mpumalanga-takke het skole in dié provinsie op verskeie maniere bygestaan om hulle te help om gereed te wees om te heropen nadat die Minister van Basiese Onderwys aangekondig het dat skole vir sekere grade kan heropen, maar dat streng maatreëls gevolg moet word. Dít vorm deel van die #AfriForumStaanSaam vir Skole-projek wat in samewerking met AfriForum Jeug aangepak is.

AfriForum Onderwys het skolehulppakkette saamgestel en na takke regoor die provinsie versprei. Hierdie pakkette verlig die druk op skole wat reeds finansieel sukkel weens die inperking. Amajuba CVO-skool, Laerskool Grootvlei, Laerskool Panorama, HTS Witbank, HTS Middelburg, Middelburg CVO-skool, Laerskool Middelburg, Lydenburg CVO-skool, Waterval CVO-skool, Laerskool Nelspruit, Laerskool Witrivier, Calvary Assembly and Christian School Nelspruit, Laerskool Eloff, Laerskool Sundra en Laerskool Kragveld het reeds van dié pakkette ontvang.

Die pakkette bevat COVID-19-inligtingstukke, patrone vir gesigmaskers, klaskamerplakkate, elektroniese termometers, handreiniger en handreinigerstaanders.

Verskeie skole is ook deur AfriForum-lede ontsmet deur gebruik te maak van misblasers wat groot areas vinnig en deeglik met ontsmettingsmiddels kan bespuit. AfriForum het die volgende skole ontsmet: Amajuba CVO-skool, Laerskool Kalie de Haas, Laerskool Jeugkrag, Standerton Akademie, Hoërskool Secunda, Laerskool H.M. Swart, Laerskool Marietjie van Niekerk, Bethal CVO-skool, Jim van Tonderskool en Laerskool Panorama.

“Dié reusetaak is veronderstel om deur die Departement van Onderwys in samewerking met die munisipale brandweer gedoen te word, maar in die meeste dorpe is daar egter nie meer dié tipe kapasiteit nie. Dit laat ’n groot leemte aangesien skole dit self moet doen of self daarvoor moet betaal – iets waarvoor skole nie begroot het nie. AfriForum is trots daarop om skole gratis te help om sodoende ook die finansiële las ligter te maak,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld.

Sluit vandag nog by AfriForum aan en help ons om ’n daadwerklike verskil in mense se lewens te maak. SMS jou naam na 45350 (R1) en word deel van die oplossing.

Soortgelyke plasings