Alberton-buurtwag ontvang noodhulpopleiding


Lede van AfriForum se Alberton-buurtwag het op 13 Oktober 2018 basiese noodhulpopleiding ontvang en geleer om bloeding te stop en kardiopulmonêre resussitasie (KPR) op sowel volwassenes as kinders toe te pas.

Die opleiding is deur Marius Gouws van die Nasionale Paramediese Dienste (NPD) aangebied en ongeveer 21 buurtwaglede het die opleiding bygewoon.

“Met hierdie opleiding wil ons die buurtwaglede in staat stel om in noodgevalle op te tree totdat paramedici op die toneel verskyn,” sê Louis van Aswegen, voorsitter van AfriForum se Alberton-buurtwag.
“Die AfriForum-buurtwag reageer op ’n verskeidenheid van noodsituasies en het al gevind dat mediese hulp nie altyd onmiddellik beskikbaar is nie. Dit is daarom vir ons belangrik dat die buurtwag oor noodhulpkennis beskik om die gemeenskap ook in hierdie opsig by te staan,” sluit Van Aswegen af.

Raak by die Alberton-tak betrokke deur “Buurtwag” na 45342 te SMS (R1).

Soortgelyke plasings