Alberton-gemeenskap spoor gesteelde voertuig op


AfriForum se Alberton-reaksiespan het op 12 Maart ’n gesteelde voertuig in samewerking met die SAPD van Katlehong-Noord, die Ekurhuleni Metropolisie (EMPD), Reaper Tactical Sekuriterit en Alberton Community Responders opgespoor. Reaper Tactical Sekuriteit het ’n oproep van die Action Sport-arena in Meyersdal ontvang dat ’n Audi A3 omstreeks 8:30 uit die parkeerarea gesteel is.

Die voertuig is in Katlehong deur ’n EMPD-lid opgemerk wat nie aan diens was nie. Hulp is ontbied en die voertuig is binne vyf minute nadat die soektog begin het verlate langs die pad gevind. AfriForum se Alberton-buurtwag was eerste op die toneel en het met die soektog gehelp.

“Ons is trots om deel te kan wees van soveel rolspelers wat werk om Alberton te beveilig. Dit is slegs samewerking tussen alle gemeenskapstrukture wat dit moontlik sal maak om misdaad te bekamp,” se Louis van Aswegen, voorsitter van AfriForum se Alberton-buurtwag.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke: SMS “Alberton” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings