ANC-konferensie wys hoekom gemeenskappe self teen landelike geweld moet organiseer; AfriForum sal help oplei

“Dat president Cyril Ramaphosa en sy party steeds aanspraak maak op grond vir ‘hulle’ mense, skep verdere verwarring in die land. Eintlik moedig hulle nóg geweld in landelike gebiede aan, weens mense wat grond gaan probeer beset en toenemende teenstand van wettige grondeienaars gaan kry,” sê Ian Cameron, AfriForum se hoof van veiligheid.
Cameron sê verder dat die idee geskep word dat grond gevat kan word ten spyte van wetgewing wat tans steeds veronderstel is om grondeienaars se eiendomsreg te beskerm. “Gemeenskappe moet eenvoudig in groepe organiseer wat hulle toelaat om, binne die raamwerk van die wet, hul eiendom te beskerm,” sê hy.

Cameron meen grondeienaars moet seker maak dat hulle weet wat hul regte in terme van die beskerming van hul eiendom is. AfriForum sal voorts help om gemeenskapslede verder op te lei deur praktiese oefening met betrekking tot eiendomsbeskerming.
 

Soortgelyke plasings