#AnkerdorpPadskou Rustenburg-been onderweg met skoonmaakaksie


AfriForum het sy #AnkerdorpPadskou in Rustenburg op 2 Maart 2019 afgeskop en saam met plaaslike munisipale werkers die openbare swembad, asook Marais-, Kruger-, Boshoff- en Kerkstraat skoongemaak.

Op dieselfde dag was daar ook ’n AfriForum-werwingstalletjie by die ATKV-oord in Buffelspoort.

“Hierdie is die eerste van nog vele aksies deur die loop van die maand, waarmee AfriForum beplan om hoop in Rustenburg te skep en die gemeenskap op te hef,” sê Sampie Steinberg, assistentkoördineerder vir Marico.

AfriForum moedig gemeenskapslede aan om by inisiatiewe betrokke te raak wat na hul behoeftes omsien. Vir meer inligting oor die #AnkerdorpPadskou, besoek gerus die webtuiste www.ankerdorp.co.za.

Soortgelyke plasings