#AnkerdorpPadskou-veldtog: Buurtwagte in Tzaneen en Phalaborwa ontvang opleiding


AfriForum het op 6 Julie 2019 opleiding vir die Tzaneen- en Phalaborwa-buurtwag aangebied. Hierdie opleiding vorm deel van die organisasie se #AnkerdorpPadskou-veldtog en is deur 36 buurtwaglede bygewoon.

Die buurtwaglede het tydens dié opleiding ’n reeks veiligheidsmodules bygewoon met die doel om misdaad in hul onderskeie gemeenskappe te bekamp en gemeenskapslede by te staan en weerbaar te maak. Die modules het toneelhantering, regsaspekte, huis-en-haardbeskerming, asook die bedryf van inligting ingesluit. Lede is ook ingelig rakende die buurtwagbeskermer.

“AfriForum is trots om hierdie tipe opleiding aan ons buurtwagte te bied – dit bemagtig buurtwaglede om misdaad in hul gemeenskappe binne die raamwerk van die wet te bekamp,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se veiligheidshoof vir die noordstreek.

Coetzer sê verder dat die tyd aangebreek het vir gemeenskappe om saam te staan, ongeag die organisasies betrokke. Gemeenskappe kan hulself slegs deur die nastreef van ’n gemeenskaplike doelwit beskerm.
Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke: SMS “Buurtwag” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings