Barberton-buurtwag ontvang mediese opleiding


Lede van AfriForum se Barberton-buurtwag het verlede week vlak 1-noodhulpopleiding ontvang. Dié lede kan nou tydens noodsituasies basiese mediese hulp verleen en is in staat om bloeding te stop en kardiopulmonêre bybrenging (resussitasie) toe te pas.
Die kursus is deur Attie Marais van die MD EMS-opleidingsentrum aangebied.
“Ons wil die buurtwaglede op ’n latere stadium vir vlak 3-noodhulpopleiding stuur sodat hulle verskeie mediese noodgevalle sal kan hanteer totdat paramedici op die toneel verskyn,” sê Hennie Bekker, distrikskoördineerder vir AfriForum in Mpumalanga.

“Die AfriForum-buurtwag reageer op ’n wye verskeidenheid situasies en het al gevind dat mediese hulp nie altyd onmiddellik beskikbaar is nie. Dit is vir ons belangrik dat die buurtwag oor die nodige mediese kennis beskik om die gemeenskap ook in hierdie verband by te staan,” sê Gideon Nel, ’n lid van AfriForum se Barberton-buurtwag.

Raak betrokke deur “Buurtwag” na 45350 te SMS (R1).

Soortgelyke plasings