|

Middelburg-tak skenk groente aan Koppiesstraat Projek

Die AfriForum-tak in Middelburg het op 6 Mei groente vanuit AfriForum se gemeenskapsgroentetuin in Bethal aan die Koppiesstraat Projek geskenk.

’n Bydrae van ongeveer 35 kg spinasie en 20 kg aartappels is aan die projek gemaak.

“Ons is dankbaar vir die geleentheid om te help met hierdie projek en glo ons sal in die toekoms weer hulp verleen aan die gesinne,” sê Magiel Ebersohn, voorsitter van AfriForum se Middelburg-tak.

Soortgelyke plasings