Bloemfontein-mark bied skakelgeleentheid vir AfriForum en jeugvleuel in Rosestad


Die jeugvleuel van AfriForum se Hospitaalpark-tak het op 23 Februarie 2019 ’n lede-interaksie gehad by die Langenhovenpark-boeremark.
Lede het algemene vrae gehad oor veiligheid in die stad, die agt bestaande AfriForum-strukture, hoe die radionetwerk funksioneer, watter projekte tans in dié stad aan die gang is en ook waarby hulle kan inskakel. AfriForum se buurtwagstrukture het ook die veiligheid tydens die boeremark behartig en geen voorvalle is aangemeld nie.

“Ons poog om die stad te verbeter deur volhoubare oplossings aan die gemeenskap te bied en daarom is kommunikasie en interaksie nodig,” sê Petri van der Walt, AfriForum se jeugvoorsitter in Bloemfontein.
“Bywoning van markte soos hierdie moet nie onderskat word nie; lede kry hier die geleentheid om vrae te vra en met plaaslike AfriForum-strukture te skakel. Heelwat jongmense het hulself tydens die mark aan ons kom voorstel en gevra hoe hulle kan aansluit en betrokke raak,” sê Bernard Pieters, nasionale jeugkoördineerder van dorpstrukture.

Raak vandag nog by dié tak se jeug betrokke en help om ’n verskil te maak: Stuur ’n e-pos aan bernard.pieters@afriforum.co.za of SMS “Bloemfontein” na 32687 (R1).

Soortgelyke plasings