Jy word hartlik uitgenooi na die opening van AfriForum se Bloemfontein Gemeenskapsveiligheidsentrum. Kom kyk hoe lyk die nuwe beheerkamer, luister wat bekende sprekers soos Kallie Kriel en Flip Buys te sê het oor die pad vorentoe.

Datum: 3 April 2025

Tyd: 18:30

Plek: Elias Motsaledistraat 89, Langenhovenpark

Ligte verversings sal voorsien word. Ons hoop om jou daar te sien.

Registreer hier:

Program:

18:30    Gaste arriveer

18:45    Opening

18:55    Kallie Kriel – Uitvoerende hoof van AfriForum

19:15    Oor die veiligheidsentrum – Raymond Holhs, operasionele bestuurder vir Gemeenskapsveiligheid

19:45    Opening van beheerkamer en knip van lint

20:00    Toer deur beheerkamer