Blou-en-groendruppelprojek: Secunda se water is skoon

 

AfriForum het vandeesweek Secunda se watergehalte as deel van hul nasionale blou-en-groendruppelprojek getoets en bevind dat die drink- en rioolwater skoon is.

“Ons kon vasstel dat Secunda se drink- en rioolwater skoon is en geen swaarmetale bevat nie, en dat bakterieëvlakke aan gestelde standaarde voldoen. AfriForum gaan die watergehalte deurlopend toets om die grondwetlike regte van Secunda se inwoners te beskerm en te verseker dat hulle van skoon drinkwater voorsien word,” sê Hennie Pretorius, voorsitter vir AfriForum Secunda tak.

AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die stand van dorpe se drinkwater en rioolaanlegte. Dié projek fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar wel op die gehalte van die water wat ná die proses as eindproduk in die vorm van drinkwater (bloudruppel) en behandelde rioolwater (groendruppel) gelewer word.

 “Ons versoek Secunda se inwoners om aan AfriForum die mandaat te gee om die watergehalte voortdurend te moniteer. SMS “Secunda” na 45350 om dié aksie te ondersteun. Elke SMS kos R1,” sê Hillel Coetzer, Streekskoördineerder vir Mpumalanga-Wes.

Soortgelyke plasings