Blou-en-groendruppelprojek: Vrystaat se water is skoon


AfriForum het vandeesweek Bloemfontein, Dealesville, Boshof en Bultfontein se watergehalte as deel van die burgerregte-organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek getoets en bevind dat die drink- en rioolwater op standaard is.

“Ons kon vasstel dat die dorpe se drink- en rioolwater geen swaarmetale bevat nie, en dat bakterieëvlakke aan gestelde standaarde voldoen. AfriForum gaan egter die watergehalte deurlopend toets om te verseker dat inwoners van die Vrystaat se grondwetlike regte op skoon drinkwater te al tye beskerm word,” sê Pieter Myburg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Bloemfontein.

AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die stand van dorpe se drinkwater en rioolaanlegte. Dié projek fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar wel op die gehalte van die water wat ná die proses as eindproduk in die vorm van drinkwater (bloudruppel) en behandelde rioolwater (groendruppel) gelewer word.
AfriForum doen ’n beroep op Vrystaters om aan die burgerregte-organisasie die mandaat te gee om die provinsie se watergehalte voortdurend te moniteer. SMS “Vrystaat” na 45266 om dié aksie te ondersteun. Elke SMS kos R1.

Soortgelyke plasings