Blou- en Groendruppelverslag: Rioolwerke in Suid-Afrika ’n groot bron tot kommer

AfriForum verwelkom dat die regering vir die eerste keer sedert 2013 hul Blou- en Groendruppelverslag bekend gemaak het. Dié verslag beklemtoon egter munisipaliteite se water- en rioolprobleme wat AfriForum jaarliks in sy eie blou-en-groendruppelverslag aandui. 

AfriForum is sedert 2013 genoodsaak om ’n blou-en-groendruppelverslag saam te stel omdat die Departement van Water en Sanitasie dit ondanks AfriForum se jaarlikse versoeke nie gedoen het nie.

Luidens die regering se bloudruppelresultate is:

  • 48% (566) van die voorsieningstelsel in die laerisikokategorie,
  • 18% (217) van die voorsieningstelsel in die mediumrisikokategorie,
  • 11% (136) van die voorsieningstelsel in die hoërisikokategorie, en
  • 23% (267) van die voorsieningstelsel in die kritiekerisikokategorie.

“Die verslag toon duidelik dat die gehalte van die land se water op die afdraande pad is en dat die Departement van Water en Sanitasie en die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake baie nou sal moet saamwerk om die waterprobleme uit die weg te ruim,” sê De Klerk.

Lees die mediaverklaring hier: Blou- en Groendruppelverslag: Rioolwerke in Suid-Afrika ’n groot bron tot kommer – AfriForum

AfriForum wil weet wat dink jy van die blou-en-groendruppelverslag wat die Departement van Water en Sanitasie uitgereik het. Laat weet ons wat die water- en rioolsituasie in jou dorp is. Laat weet ons hier. Jy kan ’n foto ook aanheg.

Soortgelyke plasings