|

Boomplantmaand: AfriForum se Kaap Agulhas-tak skenk 20 bome

AfriForum se Kaap Agulhas-tak het op 17 September 2021 vyf bome geskenk wat op die nuwe vaardigheidskool net buite Struisbaai se terrein geplant gaan word. Die vyf bome, almal kusvaalbosbome (Silver Oaks), is baie gehard en kan die ongure wind waarvoor die area soms bekend is, hanteer.

Benewens dié bome, is daar ook besluit om bome by ’n aantal skole, die SAPD, die Suiderlig Dienssentrum en by die Bredasdorp-ingange te plant.

Dié tak plant jaarliks bome ter viering van Nasionale Boomplantmaand wat AfriForum op ’n nasionale grondslag aanpak en het altesaam 20 geplant.

“Die AfriForum-tak heg baie waarde aan ons omgewing en het ’n verantwoordelikheid om ’n beter woonplek vir ons kinders na te laat. Ons wil met projekte soos dié ’n bewustheid en kultuur van bewaar en verbeter, onder veral ons kinders, vestig,” sê Peet Wessels, voorsitter van AfriForum se Kaap Agulhas-tak.

“AfriForum en al sy takke werk hard om ’n wesentlike verskil in dorpe te maak. Ons wil al ons takke bedank wat ingespring het om bome tydens Boomplantmaand te plant,” sê Arno Greyling, AfriForum distrikskoördineerder vir die Suid-Kaap.

Sluit vandag nog by AfriForum se Kaap Agulhas-tak aan: SMS “Kaap Agulhas” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings