|

Brits-tak help om verdagte vas te trek

Die AfriForum-buurtwag in Brits het op 2 Julie omstreeks 17:45 inligting vanaf die beheerkamer ontvang oor verdagtes wat besig is om ’n voertuig in die Zandfontein-omgewing te steel. Die buurtwag en PPS Sekuriteit (PPS) is na die toneel ontplooi. PPS het een van die verdagtes aangekeer, terwyl ’n ander verdagte gevlug het. Die Mooinooi-SAPD het die verdagte op die toneel in hegtenis geneem en beslag gelê op die gereedskap wat gebruik is om die misdaad te pleeg.

“Dit is fantasties om eerstehands te aanskou hoe AfriForum se Brits-buurtwag, PPS en die SAPD saamwerk om misdaad te bekamp. Die gemeenskappe se veiligheid is vir AfriForum uiters belangrik en dus sal ons nooit stop om misdadigers vas vat nie,” sê Armand Viljoen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.

Die Brits-tak werk ook tans saam met Protego Sekuriteitsgroep en Monitor Net om Brits-inwoners se veiligheid te verseker.

Raak deel van die oplossing en sluit aan by jou naaste AfriForum-buurtwag. Skakel Thys van Heerden op 067 395 6307 vir meer navrae. Saam sal ons misdaad by ons gemeenskap kan uitdryf.

Soortgelyke plasings